Sunday, September 14, 2014

30 Dae Later

Een maand in die kombuis het gekom en gegaan...en ek vra myself af: Kan dit wees?? Soos die Ingelse sê: "Time flies when you're having fun."

Soos ek genoem het in die vorige blog skrywe het ons by Au'de Vine 'n 60ste Verjaarsdag onbyt wat opkom. Dit was die ideale dag vir partytjie hou: Lente was duidelik in die lug, die gaste was jolig en opgedollie en die kombuis was besig om te KOOK!!

Perfekte Lente dag, waar gesiggies pronk in die sonlig.

Als wat jy nodige het vir 'n heerlike ontbyt.


Ontbyt was net 'n voorsmakie vir die opwindende dag wat voorlê...Au'de Hex boutique Hotel het 8 gaste vir "Create a Plate" die Saterdag aand gehad en ons as kombuis het geleentheid gehad om 'n A la Carte spyskaart aan hulle te bied en voor te berei. Alles in Engels natuurlik. My senuwees was gedaan om mondelings voor die gaste deur die spyskaart te gaan...MAAR ek het dit gedoen en na die voorgereg het dit soos die mees natuurlikste ding gevoel om oor die disse wat ek met liefde en sorg geskep en voorberei het te praat.
My Trots op Papier

In die oomblik tydens die spyskaart aanbieding.

Voorgereg keuses: Ravioli bo en Risotto onder

Hoofgereg keuses: Salmon links en Steak regs

Nagereg keuses: Fondant links en Brûleé regs

Tussen my en my ander 2 linker hande by Au'de Hex, Jeanine en Blanche het ons geraai watter van die disse gaan die mees gewildste wees. Soos met alles moes ek my innerlike gevoel vertrou het, maar omdat die groep net uit dames bestaan het kon ek nie regtig my vinger op die top disse plaas nie. Blanche was die naaste aan reg en ek wil van die geleentheid gebruik maak om dankie te sê dat sy my altyd so getrou en kalm in die kombuis kom uithelp.
Dankbaar vir Jeanine, want sy is my steun pilaar vir wanneer ek so bietjie stoom moet afblaas.

Ek en Jeanine

Die hele tjerrie op die koek was die geleentheid om saam met Mariette Crafford, bekende Suid-Afrikaanse kos skrywer en kenner te kook. Haar plig was om die volgende dag die dames te bekoor met 'n "hands on" kook sessie.
Dit was n absolute voorreg om haar te ontmoet en in suiwer Afrikaans te kook en te praat.


Pret in die kombuis saam met Mariette Crafford


Vir een maand het ek absoluut net soveel pret in en om die kombuis gehad...ek kan nie wag vir die volgende 30 dae nie. Funksies en troues is besig om op te tel, en dit bring my meer vreugde as ooit.

Dankie vir die lees, dankie vir die ondersteuning en die van julle wat saam eet...Geseënd is julle!!

Groete en Liefde
Mariza









No comments:

Post a Comment